Waar het dit alles begin.
Afrikaans is die hart van Afrikaner wees. Is jy ń Afrikaner in murg en been en vloei Afrikaans deur jou are?
Ek is ‘n Afrikaner met ‘n diepe liefde vir my volk, taal en kultuur. My loopbaan as ‘n Ingenieur het my geleer van volharding, dissipline en trots in jou werk — waardes wat diep in die Afrikaner se siel ingebrand is. Oor die jare het ek gesien hoe Afrikaans en Afrikaners al hoe meer in die agtergrond geskuif word, hoe ons nalatenskap bevraagteken word, en hoe ons kultuur afgebreek word.
Toe Charlize Theron die woorde uiter: “Afrikaans is ‘n sterwende taal; net 44 mense praat dit nog”, het dit iets in my wakker gemaak. Daardie stelling was nie net onwaar nie — dit was ‘n aanval op iets wat miljoene Afrikaners liefhet en waarvoor hulle leef. Dit was ‘n herinnering dat ons, as ons niks doen nie, ons taal en kultuur werklik kan verloor 44+ Afrikaners is uit daardie gees gebore.
Dit is ‘n handelsmerk, ja, maar dit is veel meer as dit — dit is ‘n simbool van Afrikaner-trots en ‘n verklaring dat ons steeds hier is. Ons is nie net 44 mense nie. Ons is duisende, miljoene, en ons kultuur sal nie eenvoudig verdwyn nie.
My handelsmerk word verteenwoordig deur die Afrikaner bul, Adaan van die plaas Wegdraai Boerdery geleë in die Thabazimbi bosveld — ‘n simbool van krag, vasberadenheid en die onwrikbare gees van ons volk. Adaan is vernoem na Adaan (Adriaan) de la Rey, die seun van Generaal Koos de la Rey, wat in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het. Net soos Adaan bly ons staande, ongeag die uitdagings.
Net soos die Voortrekkers se Christelike geloof hulle gedra het oor die Drakensberge en tydens die Slag van Bloedrivier, so maak vandag se Afrikaners nog steeds staat op die krag wat hulle put uit hulp Christelike geloof.
Maar ’n gees leef nie net in woorde nie — dit leef in dade, in gebruik, in die kledingstukke wat ons dra.
Voel goed oor jouself deur ons kwaliteit apparel te dra.
Soos Dr. Ernst Roets daarop gekommentaar het:
“Charlize Theron ly aan oikofobie; dis wanneer jy jou eie mense en eie taal haat. Afrikaners is passievol en trots op hul eie taal, Afrikaans, asook hul kultuur.”
